Wednesday, 22 March 2017

Die Meester is hier en Hy roep jou...

Ek wil graag 'n kort gedagte deel met Johannes 11:28b as kern Skrifgedeelte. Hier vind ons die woorde van Martha opgeteken toe sy haar suster kom roep het in die huis, direk nadat Jesus geariveer het: "...Die Meester is hier en Hy roep jou"


'n Onmiddellike reaksie
Ons sien in die verhale soos dit in die Woord van die Here opgeteken is, dat mense oorwegend onmiddellik gereageer het op die Here se roepstem in hul lewe. Ons sien dat mense skaars nadat hulle Jesus Christus ontmoet as hul Saligmaker, bykans onmiddellik 'n daadwerklike aksie toon deur hul lewe te begin wy aan 'n roeping om as instrument in die Here se hand te dien. Maw, dit het nog nooit net gegaan om net seker te wees ek gaan hemel toe nie. Alhoewel dit die belangrikste van alles is, om sekerheid van saligheid te hê, sien ons hoe mense oombliklik as volgelinge van Jesus reageer en hul lewe op die missie van hul Heer en Meester plaas sonder versuim. So, kom die vraag na ons toe vandag. Het die Here al gearriveer in jou lewe? Het die Here by jou huis aangekom? Indien jy al die kennis ontvang het dat die Meester hiér is, wat is jou reaksie? Ons lees dat toe Maria hierdie kennisgewing vanaf Martha ontvang, dat sy onmiddellik opgestaan het en na Jesus toe gegaan het. Maria het 'n hart vir die Here en Sy werk gehad. Sy was inderdaad die een wat by die voete van Jesus gaan sit het. Sy het die vermoë gebruik om nie net aan die Here te behoort nie, maar om onmiddellik te reageer op die Here se roepstem in haar lewe. Sy het nie verdere tyd verwyl nie. Ons lewe op aarde is een GROOT geleentheid om deur die Here gebruik te word. Onthou dit!

Die Meester se roepstem is transformerend
Ek kan nie help om te verwys na die kosbare woorde van Jesus soos dit opgeteken is in Johannes 4:19 nie: "En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak." In hierdie kwartaal praat die Here met ons oor hierdie daaropvolgende, onmiddellike reaksie op die Here se roepstem, maar ook oor die impak wat die Here se roeping op ons lewe het. Die Here het tereg met die roeping van Sy dissipels op aarde gesê: "en Ek sal julle...maak", want Sy roepstem in ons lewe is transformerend. Dit bring 'n verandering in ons lewe teweeg wat ons vaartbelyn maak om effektief in die Here se diens te leef. Ons sien hoe elkeen van die dissipels tog eers 'n geruime tyd in opleiding was, maar hul antwoord op die Here se roepstem het hulle lewens onherroeplik verander. So, ek voel dat ons nie net moet weet van die Here se roeping op ons lewe nie. Ons moet ook nie net kan getuig van Sy daadwerklike roepstem in ons lewe nie. Wat regtig saakmaak is eerstens ons antwoord op Sy roepstem en tweedens om te weet dat Sy roeping op ons lewe die plan wat God met ons het, kom vervul. Petrus het nie die verkeerde passies en talente gehad as visserman nie. Nee! Maar, hy was geroep om op 'n baie dieper dimensie en 'n baie groter skaal vis te vang as wat hy ooit kon droom.

So, is dit waar vir jou en my lewe ook. Wanneer ons antwoord op die roepstem van die Here dan word alles wat ons is, beklemtoon en eksponensieel vervul in die groter roeping wat die Here met ons lewe het. Het jy al aangemeld vir diens by die Meester? Wag jy vir eendag, of dink jy dit is tyd dat jou skeppingsdoel tot vervulling kom? Die Here het verseker 'n reddingsdoel met jou lewe en dit is groter as net jou eie siel se saligheid. Ja, daar is 'n groter plan. En Hy sê vandag nog oor jou: "Volg My, en ek sal jou maak..." Hy sal ons vorm; Hy sal ons toerus; Hy wil ons gebruik vir meer as wat ons ooit kon droom. 

Die Here roep elkeen
Ek wil ook as deel van hierdie boodskap by jou pleit, geliefde van die Here. Moenie die roeptstem van die Here ontken of ignoreer nie. Die woorde van Martha was duidelik: "Hy roep jou." Daar is geen dubbelsinnigheid of onduidelikheid in hierdie 3 woorde nie. Ek verstaan dat dit moontlik vir jou te direk is en jou miskien te ongemaklik laat voel, maar dit is die realiteit van die saak. Al beskou jy jouself as deel van 'n groter, algemene roeping kan jy nooit jouself laat verdwyn in die massa nie. Keer op keer het Jesus bewys dat Hy bemoeienis maak met 'n mens. Hierdie mens het 'n spesifieke nood gehad en 'n spesifieke situasie beleef en dikwels was die naam van die mens spesifiek genoem. Maar, daar was altyd ook 'n spesifieke verwysing na hierdie spesifieke mens se roeping in diens van die Here. Maw, die Here roep ons nie maar net so in die algemeen nie. Hy roep jou! As jy wil kan jy saam met my jou naam insit in die kosbare woorde soos opgeteken in Johannes 11:28b "...Die Meester is hier en Hy roep vir ____________________ (jou)." Ja, Hy roep jou by die naam en praat met jou en jou alleen. Niemand anders het daardie dag in die huis van Lasarus opgestaan en onmiddellik na Jesus toe gegaan nie. Hulle het ook nie skielik as 'n groep na Jesus toe gegaan nie. Nee, Maria was geroep en dit was alleen Maria wat onmiddellik geantwoord het op die roepstem van die Here aan haar! Wat wel kosbaar is, is dat baie ander nuuskierig was en wel besef het sy is oppad na Jesus toe en was daarom kort op haar hakke. Maar, moenie miskyk hoe belangrik dit was dat Maria daardie dag besef het dat die Here met niemand anders praat, behalwe met haarself nie.

Is jy een van die elkeen wat al geantwoord het op die Here se roepstem in jou lewe? Doen jy wat jy doen vir die Here? Is jy op jou eie missie? Is jy saam met die Here op Sy missie? Die Here wil in hierdie kwartaal kom benadruk dat Hy ons elkeen by die naam geroep het. Hy het ons elkeen op 'n spesiale manier geskep en gevorm om kardinaal te wees tot die groter plan wat Hy met die mensdom het. Hy het vir ons elkeen ore gegee om te hoor. Sy roepstem word nie maar net uitgesaai nie, maar Hy roep direk en spesifiek tot ons elkeen afsonderlik. Kan ek soos 'n Martha in jou oor kom fluister met een van die belangrikste kennisgewings wat jy in jou lewe kan ontvang? "Die Meester is hier..." Jesus Christus jou Heer en Heiland is teenwoordig. Hy het gekom vir jou. Hy is geinteresseerd in jou. Hy wil met jou ontmoet. "...en Hy roep jou." Hy vra na jou. Hy benodig jou. Hy het jou naam genoem. Moenie omkyk nie, ja Hy praat met jou en roep jou! Elkeen is geroep!

Die Here seën jou ryklik.

Monday, 21 November 2016

How wonderful will it be?

Although we know, that all fulfillment will only come at the end of days through only one Person, called Jesus Christ, the King of Kings. BUT, visualize and see through the eyes of faith, the impact of the body of Christ in this world, if we make it already our earthly endeavor to follow the pattern for us in Christ, as laid out by Paul in Ephesians 4.

Hear the voice of the Holy Spirit as you read through it with me:

  • Ephesians 4:10b "...the One who ascended far above all the heavens, that He might fill all things." - see in faith how every believer have the aim that Christ might fill all things!! (including yourself)
  • Ephesians 4:13 "till we all come...to a perfect man, to the measure of the stature of the fullness of Christ;see in faith how every believer grow in the measure of the stature, not of earthly and human objects and models, but in the stature of the fullness of Christ, Hallelujah!!
  • Ephesians 4:15 "[that we] ...may grow up in all things into Him who is the head —Christ—see in faith how every believer grow up in all things, in this wonderful unity in one Person, Christ the Head of the body. There is no other goal or aim, towards which we grow...we grow only up into Him, closer to Him, in unity with His leadership.
Oh that we may grow... That's why we bow our knees with Paul...for this reason; for this cause; the cause of Christ! (Ephesians 3:14-20)

Monday, 30 April 2012

Is this the beginning? ...or when did it start?

I'm asking MYSELF this question at the moment!
My family and I are going into full-time ministry from 1 June 2012. However, I know that with God we're always at a place of beginnings or new beginnings as He is the Creator God, the One and Only God. The True, Living God!! Well, maybe I'll take some time in the future to post on the past leading up to this day and season starting in my life, as I also believe that what we experience and see happen in our lives today has started many, many years ago. Oh yes, being a little boy is not too far a distant memory!!!

For the last approx. 3 years I've been serving at a very interesting, yet challenging community. I had the privilege of pastoring on a part-time basis at a local AFM church which came into existence about 22 years ago and were about 64 people strong when I joined them. Today it's almost time to say goodbye to all my brothers and sisters in the Lord. Oh boy, what great friends have we made. And, as always, what great things God has done in 2 years and 10 months...to be exact. Yes, me and my family will say goodbye to this local church family of about 150 people on the 20th of May 2012. My heart responds with only one sentence: "I love the people of God!" We find ourselves already standing in the gap for them in prayer to find a new earthly shepherd to be the Good Shepherd's hands and feet extended for them. (If you are reading this post still in the year of 2012, please pray for this assembly with us) 

As you've probably noted, this very rural, local church have experienced some wonderful growth under the power and work of the Holy Spirit. We baptized several people in water as confirmation of their decision to be saved and also a step of obedience in following Christ our Savior. Many baptisms in the Holy Spirit also took place to much joy of the assembly as a whole. We as family will never forget this community where we could start our official ministry as part of the body of Christ as it functions and manifests itself in the greater AFM of SA. We will always hold them dear as our starting blocks in ordained ministry. Special! Special! Special!

Thus, the 1st of June is the beginning of a new season for us as family and also the beginning of a new season in the life of the next local church we're joining. Today I resigned my full-time job as Java Developer. Ahead of us lies a much greater task and responsibility as ever before, as we need to play the presiding, full-time role in facilitating the bridge of a generation gap that came into existence in the church we're joining. Leadership, structure, praise & worship, etc...every single aspect of this church's culture, identity and lifestyle need a touch of God's creative hand in order to birth new life, new energy, new vision, for generations and different age groups in the assembly to join hands and hearts as we're moving rapidly into the future of soul-winning in South Africa. We know for sure God spoke to us and directed us to this new place of ministry. Oh how important is it in our walk with God to be at the right place at the right time. We believe we're going to see God's creative power in action as God spoke to us from Isaiah 43:18-21 and Psalm 22:30-31. Please pray with us and for us!

I would like to leave you with the following prayer which have been revived in me by the Holy Spirit:
"Create in me a clean heart, O God, and renew a steadfast spirit within me. [Psalm 51:10 NKJV]"